Suider-Afrika se Grasveldbioom, wat die grootste deel van die Vrystaat en die hele Lesotho insluit, beslaan ongeveer 28.4% van Suid-Afrika se totale oppervlakte. Naas die unieke Kaapse Fynbosbioom, is dit die rykste aan organismes. Dit sluit onder andere in ongeveer 3 370 plantspesies, 45% van Suid-Afrika se endemiese soogdierspesies, 10 globaal-bedreigde voëlspesies, 43% van ons Belangrike Voëlareas (Important Bird Areas) en etlike endemiese visspesies in die 42 rivier-ekosisteme.
Author
