Submit an article to Indago - a peer reviewed journal
Submit an article to Indago - a peer reviewed journal
Submit an article to Indago - a peer reviewed journal

Twee van die skaars Barlow se Lewerike (Barlow’s Lark) wat by Mariculture Park buite Port Nolloth gevang en gering is.

Dawie de Swardt (Departement Ornitologie) het van 16 tot 24 Maart 2017 veldwerk saam met prof. Derek Engelbrecht (Universiteit van Limpopo, Sovenga) in die Noord-Kaap gedoen om lewerike vir ‘n navorsingsprojek te versamel. Die volgende distrikte is besoek: Port Nolloth, Pofadder, suid van Keimoes en Brandvlei. Die doel van die projek was om lewerike te versamel om variasies in hul veerstrukture te bestudeer en hoe dit met die grondkleur van hul habitat oorvleuel.  Grondmonsters van verskillende lokaliteite is ook bekom. Inligting oor 10 lewerik-spesies (meeste wat net in die Noord-Kaap voorkom), en spekvreter-spesies is versamel. Voël-opnames vir die South African Bird Atlas Project (SABAP2) is ook tydens veldwerk gedoen.

Comments are closed.