Submit an article to Indago - a peer reviewed journal
Submit an article to Indago - a peer reviewed journal
Submit an article to Indago - a peer reviewed journal

Die plaas Bulhoek in die Steynsburg-omgewing is daarvoor bekend dat Steynsburg se Groot Trek-vieringe in 1838 ook daar vergestalting gekry het.  Die plaas is egter meer as net ’n feesterrein, want ’n argeologiese kultuurskat vorm ook deel van die plaas.

Lede van die reelingskomitee van die 1938 GrootTrek-vieringe nuttig middagete in die ou eetkamer van die huis te Bulhoek. (Foto: Steynsburg-museum)

Lank voordat die Groot Trek in die I 830’s ‘n aanvang geneem het, het trekboere alreeds die binneland inbeweeg.  Dit was egter ‘n geleidelike proses met die hoofdoel om goeie weiveld vir hulle vee te bekom en was dus nie ‘n groot georganiseerde beweging soos die Groot Trek nie.  Hierdie trekboere het mettertyd dieper en dieper in die destydse Kaapkolonie inbeweeg totdat hulle naderhand oor grense soos die Oranjerivier beweeg het.  Vroeg in die I 800’s het trekboere hulle vir die eerste keer in die omgewing van Steynsburg in die noordelike Oos-Kaap bevind.

Meisies geklee in Voortrekkerrokke en -kappies tydens die 1938 GrootTrek-vieringe op Bulhoek. (Foto: Steynsburg-musem)

In 1809 het een van hierdie boere, Douw Gerbrand Steyn, sy voorletters en ” 1809″ op ‘n klip op die plaas Bulhoek in die omgewing uitgekerf.  Dit is waarskynlik die datum waarop hy en sy gesin hulle te Bulhoek gevestig het.  Steyn was die grootvader van Paul Kruger (latere staatspresident van Transvaal) aan moederskant.  Volgens oorlewering is Paul Kruger in 1825 op Bulhoek gebore.  Enkele trekboere, onder andere die Krugers (waaronder Paul Kruger, wat toe ‘n jong seun was), het hulle tydens die Groot Trek by trekke soos die van Andries Hendrik Potgieter aangesluit.

In 1932 het die President Kruger-geboorteplekkomitee die huis te Bulhoek, insluitend ses morg grond rondom die huis, aangekoop.  In 1938 het die Groot Trek-vieringe by Steynsburg en Bulhoek vanaf 5 tot IO Oktober plaasgevind.  Die verrigtinge het op 5 Oktober eers in die dorp afgeskop.  Tydens die aandfunksie het daar bykans I 000 mense in die stadsaal byeengekom, terwyl talle feesgangers weens ‘n gebrek aan spasie buite moes bly.  Die verrigtinge is die volgende oggend voortgesit waarna die waens na Bulhoek vertrek het.

‘n Perdekommando tydens die 1938 GrootTrek-vieringe op pad na Bulhoek. (Foto: Gedenkboek van die ossewatrek 1838-1938)

Van die vertrek waarin Paul Kruger gebore is, was in 1938 slegs ‘n bouval oor, terwyl die hoofdeel van die huis destyds herstel is en kan op foto’s gesien word.  Vrydag (7 Oktober) is rustig deurgebring en die feesvieringe is die Saterdag in alle erns hervat.  Die feesgangers het op Bulhoek bymekaargekom in ‘n saal ‘n entjie agter die huis wat spesiaal deur die President Kruger-geboorteplekkomitee gebou is.  Middagete is deur lede van die reelingskomitee in die ou eetkamer van die huis te Bulhoek genuttig, terwyl portrette van Kruger en Piet Joubert op die feesmaal neergekyk het.

Om fondse in te samel, is daar spesiale gedenkpennings van die Voortrekkereeufees te Bulhoek verkoop, asook koeëls wat daar op die feesterrein deur Jurie Botha gegiet is.  Op Maandag, IO Oktober, is die verrigtinge by Bulhoek op ‘n hoë noot afgesluit met die herdenking van Paul Kruger se verjaarsdag.  Ongeveer 2 000 mense het op hierdie dag by Bulhoek saamgetrek tydens die grootste saamtrek wat nog ooit daar gesien is.  Net soos die Groot Trek 175 jaar gelede, was die vieringe in 1938 voorwaar ook ‘n geskiedkundige gebeurtenis, nie net op Bulhoek nie, maar regoor Suid-Afrika. Nog nooit weer kon ‘n fees van hierdie omvang op Bulhoek nagedoen word nie.

Lede van die Argeologie-departement aan Unisa het die terrein besoek en hand bygesit met die sortering van materiaal. (Foto: Gerda Coetzee)

Die trekboere het uit die aard van hulle bestaan nie baie besittings gehad nie.  Eers namate hulle gevestig geraak het, het hulle meer besittings soos breekware en ander handelsartikels bekom.  Die terrein te Bulhoek bied die geleentheid om inligting wat dateer vanaf die trekboer-era tot en met die I 930’s te bekom.

Argeologiese veldwerk is gedurende Oktober 2012 op die terrein uitgevoer waar gedeeltes by drie ashope opgegrawe is.  Hierdie ashope kan moontlik materiaal oplewer wat sal help om te verstaan watter tipe produkte die vroeë inwoners tot hul beskikking gehad het, asook wat hulle geëet het.  Al die ashope en hulle materiaal is egter van belang en kan help om ‘n beter begrip van die trekboer en sy nasate se materiële kultuur te vorm.  Argeologiese veldwerk word dus voortgesit om die terrein verder te ondersoek.

ChriseI Bruwer van die Argeologie-departement van Unisa wat met die opgrawing op die terrein gehelp het. (Foto: Gerda Coetzee)

Bulhoek, more than just a festival venue.  Gerda Coetzee.  Long before the Great Trek took place, nomadic farmers (trekboers) had already started moving inland in search of grazing for their livestock.  In 1809 one such farmer, Douw Gerbrand Steyn, engraved the date and his initials on a rock on the farm Bulhoek in the Steynsburg district (Eastern Cape Province).  He was the great grandfather of Paul Kruger, who is assumed to have been born at Bulhoek in 1825. The family of Paul Kruger later joined the Trek movement in 1835.  In 1938 the I00-year celebrations of the Great Trek took place across South Africa, including Steynsburg and Bulhoek.  During October 2012, archaeological excavations were conducted on the middens (rubbish heaps) at Bulhoek. These middens provide artefacts that shed light on the lives of the nomadic farmers as well as their descendants.

Bronne

Mostert, D. 1940. Gedenkboek van die ossewatrek 1838-1938.  Kaapstad: Nasionale Pers Beperk.

Avatar photo
Author

Comments are closed.