Gedoem tot vernietiging?
Bloemfontein, wat in 1846 gestig is, was die hoofstad van die republiek Oranje-Vrystaat (1854-1900) en in die 1850’s is ’n eenvoudige klein tronkgebou in St. Georgestraat opgerig. Hoewel hierdie tronk mettertyd vergroot en verbeter is, was dit ’n ondoeltreffende gevangenis, want misdadigers het maklik hieruit ontsnap.
