Bloemfontein is 170 jaar gelede in 1846 gestig en 1 April word algemeen as die stigtingsdatum aanvaar. ‘n Tydelike uitstalling met foto’s van ikoniese geboue uit Bloemfontein se verlede en dieselfde geboue vandag, sowel as argiteksmodelle van die geboue, is uitgestal. ‘n Geselligheid om die geleentheid te vier is op dié dag by die Museum gehou. Dit is in samewerking met die Ou Presidensie Historiese Vereninging aangebied. Sprekers by die geleentheid was die plaaslike geskiedenisentoesias, Joan Abrahams, en Kobus du Preez van die Departement Argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat en bekend vir sy in diepte kennis van die hoofstad se historiese geboue.

Comments are closed.