As deel van die Vrystaat Kunstefees se uitgebreide boekefees is Hannes Haasbroek (regs), historikus van die Museum, se nuwe Bloemfontein-boek, Spikkels en spatsels uit Bloemfontein se verlede (SUN MeDIA), op 17 Julie by NALN bekendgestel. Soos sy voorganger, Splinters en dorings uit die Rosestad se verlede, bied hierdie bundel ook ‘n keur van snaakse, interessante en bisarre historiese verhale, aangevul met talle foto’s waarvan sommige nog nooit gepubliseer is nie. Saam met hom op die verhoog tydens die boekefees-funksie om oor die stad se boeiende verlede te gesels, is dr. Mariaan Botes, kultuurhistorikus van die Museum, en Kobus du Preez van die Departement Argitektuur by die UV wat ook as gespreksleier opgetree het.


Comments are closed.