Die geskiedenis herhaal homself soms op bisarre maniere. Een van die ontstellende gebeure van die aanloop tot dieTweede Wêreldoorlog (1939–1945) was die sogenaamde Kristallnacht toe stormtroepe van die Nazi-party in die nag van 9 November 1938 Joodse besighede, huise en sinagoges in verskeie Duitse stede en dorpe se vensters stukkend gegooi en die inhoud geplunder het. Die volgende dag was strate besaai met glasskerwe – vandaar die naam Kristallnacht of ‘nag van gebreekte glas’. In hierdie geval was die Duitsers die agressors.
Pseudoscorpions originated in pre-Devonian times, more than 400 million years ago, and are one of the oldest living animal groups, having diverged into more than 3 400 species in 26 families. Because of their small size and lack of medical and agricultural importance, pseudoscorpions have been studied by only a small group of scientists, mostly taxonomists. Only recently have these arthropods begun to gain the interest of a wider audience.
Groot sprinkaanswerms het vroeër jare baie probleme veroorsaak en hongersnood as gevolg daarvan het mens en dier menigmaal in die gesig gestaar. Die hedendaagse metodes en gifstowwe om sprinkaanplae te bestry, was nog nie beskikbaar nie en gevolglik is mense destyds telkemale herinner aan die agtste plaag wat Egipte getref het.
Die plaas Bulhoek in die Steynsburg-omgewing is daarvoor bekend dat Steynsburg se Groot Trek-vieringe in 1838 ook daar vergestalting gekry het. Die plaas is egter meer as net ’n feesterrein, want ’n argeologiese kultuurskat vorm ook deel van die plaas.
