1Departement Geskiedenis, Nasionale Museum, Posbus 266, Bloemfontein, Suid-Afrika
2Navorsingsgenoot, Departement Geskiedenis, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika
Opsomming
Die oproer in 1925 in Waaihoek, Bloemfontein se tradisionele swart woonbuurt, as gevolg van sosiaal-ekonomiese probleme, waarvan veral die loonkwessie uitgestaan het, word gewoonlik as een van die heftigste van sy tyd in die Oranje-Vrystaat beskou en het in die teken gestaan van die algemene onrus wat landwyd geheers het.