Opsomming
Bloemfontein se munisipale trembedryf wat vanaf 1915 tot 1937 bestaan het, was die eerste openbare vervoerstelsel van die stad. Wat dié bedryf merkwaardig maak, was die baanbrekerswerk wat Bloemfontein op die terrein verrig het deur die eerste hoofstad in Suid-Afrika te word wat ’n elektriese spoorlose tremstelsel tot stand gebring het.
