Groot sprinkaanswerms het vroeër jare baie probleme veroorsaak en hongersnood as gevolg daarvan het mens en dier menigmaal in die gesig gestaar. Die hedendaagse metodes en gifstowwe om sprinkaanplae te bestry, was nog nie beskikbaar nie en gevolglik is mense destyds telkemale herinner aan die agtste plaag wat Egipte getref het.
Category
