Bart de Graaff en Marianna Botes
In April 1834 reis vyf Duitse sendelinge per ossewa vanuit Kaapstad duisend kilometer die Suid-Afrikaanse binneland in op soek na ‘heidene’ om tot die Christendom te bekeer. Hierdie sendelinge was verbonde aan die “Genootskap tot bevordering van die evangeliese sending onder die heidene”, wat later bekend gestaan het as die Berlynse Sendinggenootskap.
